Universiteite en regering gedreig

Die woordvoerder van die radikale vêr-linkse EFF se sogenaamde Studente Kommandeur het tydens ’n perskonferensie gesê die regering moet registrasie fooie by universiteite afskaf.

’n Reeks eise is gestel, wat ondermeer insluit dat die bestaan van die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) ook beëindig moet word.

Hulle eis ook dat geen student weggewys moet word weens ’n beperking op ruimte by die universiteit nie en die terug hou van sertifikate weens wanbetaling van studiegeld moet beëindig word.

Hulle sê die beheer deur witmense wat monopolisties is, moet onverwyld verander word na swart beheer.

Die regering word gedreig dat indien die eise nie nagekom sou word nie, sal “maksimum anargie” losbars in die land.

Foto – Die woordvoerder