Unisa sluit sy deure

Onderhandelinge tussen die radikale National Student Representative Council (NSRC) en die universiteit owerheid het op ’n dooipunt uitgeloop en het die owerheid besluit om eerder sy deure tydelik te sluit.

Die sluiting is van toepassing op al Unisa se kampusse regoor Suid-Afrika, aangesien die owerheid onwrikbaar is dat hy nie groter getalle studente kan huisves nie.

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) kan 380,000 studente inneem en kan jaarliks sowat 54,000 nuwe studente aanvaar, maar kan nie voldoen aan die radikale groep se eis om alle aansoekers te akkommodeer nie.

Unisa oorweeg dit om ’n bykomende 10,000 studente te aanvaar, maar sal eers die implikasies daarvan moet evalueer.

Kenners wys daarop dat die moontlikheid al groter word dat die universiteite van die land, een na die ander, hulle deure permanent sal moet sluit as die onuitvoerbare eise voortduur.