Turkye voltooi eerste fase van grensmuur

Terwyl die wêreld in oproer is oor Donald Trump se voorgestelde muur tussen Meksiko en die VSA, het Turkye die eerste fase voltooi van ‘n drie-meter hoë muur op hulle grens met Sirië.

Die totale lengte van die muur sal 900 km wees en is bedoel om vlugtelinge en smokkelaars te verhoed om die land binne te kom.

‘n Menseregte kenner, Killian Kleinschmidt, het tydens ‘n besoek by die voltooide gedeelte gesê dat niemand die grens kan oorsteek sonder die Turke se goedkeuring nie.

Die uitvloei van vlugtelinge uit Sirië is bykans gestop aangesien Libanon en  Jordaan se grense effektiewelik beheer word.