Trump se stryd oor grensmuur woed voort

Die linkse Demokrate, wat vanaf vanjaar die Huis van Afgevaardigdes beheer met ’n meerderheid van stemme, het by monde van hulle nuut verkose voorsitter gesê die Trump administrasie kan vergeet van geld vir die muur op Meksiko se grens.

Die Republikeine, waaronder die invloedryke Adjunk-president, Mike Pence, het in reaksie daarop gesê dat geen ooreenkoms met die Demokrate moontlik is sonder geld vir die grensmuur nie.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het hierby aangesluit en gesê ’n grensmuur tussen die VSA en Meksiko is ’n noodsaaklike om veiligheid van die land en sy mense te verseker.

Die Republikeinse senator, Mike Leë, het in ’n aanval op die Demokrate se houding, gesê die party is onredelik en stel nie die veiligheid van die land eerste nie.

Intussen sit duisende werkers tuis met onbetaalde verlof weens die “insluiting” wat reeds twee weke duur.

President Trump het na afloop van ’n vergadering met die Demokrate gesê die “af sluiting” kan jare duur as hulle nie die $5 miljard wil goedkeur vir die grensmuur nie. Hy ht ook gewaarsku dat die Senaat nie die Demokrate se aansoeke om betalings te maak, sal goedkeur nie.

Hy sê die moontlikheid is nie uitgesluit dat ’n nood toestand uitgeroep kan word sodat die muur opgerig word ter beveiliging van Amerika en sy inwoners.

Foto – Adjunkpresident Mike Pence