Trump se moeilike dae begin

Die meerderheid wat President Donald Trump in die eerste twee jaar van sy bewind geniet het in die Huis van Afgevaardigdes, het nou in die hand van die Demokrate beland met die afgelope verkiesing van November 2018.

Vanaf vanjaar is die Demokrate ’n meerderheid in die Huis, wat selfs kan beteken dat ’n poging aangewend kan word om ontslae te raak van die president deur sogenaamde “afsetting”.

Die eerste skote het geklap toe die Demokrate in die Huis van Afgevaardigdes dit duidelik gemaak het dat hulle nie geld beskikbaar sal stel vir die bou van die grensmuur nie.

Intussen sit duisende werkers by die huis nadat die twee partye nie ’n ooreenkoms kon bereik nie, en die Trump-administrasie gedeeltelik “af gesluit” is.

Dit beteken dat die laer inkomste werkers van die staat, nie betaling kry nie en verplig word om onbetaalde verlof te neem tot ’n ooreenkoms bereik is tussen die twee partye.

Politieke ontleders reken die Demokrate sal alles moontlik doen om die president ongewild te maak by die kiesers, wat ook kan meebring dat hy die volgende presidentsverkiesing verloor.

Foto – Amerikaanse Huis van Afgevaardigdes