Trump kry “geweldige” brief van Kim

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê dat hy ’n “geweldige” brief van die kommunistiese leier, Kim Jong-un van Noord-Korea ontvang het.

Tydens ’n personderhoud het die president daarop gewys dat hy ’n goeie verhouding met die Koreaanse leier het, en waarskynlik ’n opvolg ontmoeting hê in die nabye toekoms.

President Trump het dit beklemtoon dat daar geen dringendheid bestaan vir ’n tweede ontmoeting nie, maar sal waarskynlik vir later vanjaar gereël word.

Hy het bygevoeg dat alhoewel Noord-Korea oor ’n moontlikheid het van ’n sterk ekonomiese groei, bly die sanksies steeds van toepassing tot die kernaanlegte alles opgebreek en vernietig is.