Trein ongeluk kos miljoene rand

Die waarheid is uit. Kommunikasie probleme tussen die treindrywer en die kontrole beampte van Spoornet het die ongeluk by Mountain View veroorsaak toe twee treine gebots het.

Die treindrywer het glo die verkeerde magtiging herhaaldelik aangevra en wou weet waarop die kontroleerder die verkeerde magtiging bevestig het.  Die taal beleid van Spoornet is volgens die verslag nie nagekom nie.   Spoed was klaarblyklik ook verantwoordelik vir die ongeluk. Prasa bevestig dat die deel van die spoor sedert November 2018  met die hand gedoen is omdat sinjale nie werk nie en nie herstel is nie, en foute het op verskeie vlakke plaasgevind.

Die feit dat die sinjale nie herstel word nie, het Spoornet daartoe bygedra dat nog miljoene Rand in die water gegooi is.