Tiener seun ondervra oor Twitter

’n Negentienjarige seun in Duitsland word vir ondervraging aangehou deur die polisie na aanleiding van die kuber-kraak op Duitse politici.

Die kuber krakers het al die politici in Duitsland se private besonderhede oop gegooi behalwe die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland se parlementslede.

Verlede week is Duitsland geruk toe honderd hoë profiel politici se persoonlike besonderhede en vertroulike dokumente openbaar gemaak is waarvan kanselier Angela Merkel se gegewens ook bekend gemaak is.