Theresa May oorleef wantroue mosie

Die Britse premier, Theresa May, het die Mosie van Wantroue wat teen haar en haar regering ingestel is deur die leier van die Arbeidersparty, gerieflik oorleef.

Die oorwinning is egter nie sonder enige nadelige gevolge nie, want nou is daar ’n taak op haar om die Brexit fiasko opgelos te kry.

Die Britse premier word allerweë as die tweede Ystervrou in die Britse politiek bestempel weens haar ongelooflike standvastigheid en haar sterk oortuigings en beginsel.

Die premier se oorwinning is met ’n sug van verligting ontvang deur die konserwatiewe kiesers van Brittanje, alhoewel dit slegs met ’n meerderheid van 19 stemme is.

Die oorwinning word ook beskou as ’n vernederende nederlaag vir die linkse Arbeidersparty wat die mosie ingedien het na ’n aanvallende toespraak deur die leier, Jeremy Corbyn.