Tesla bou Mega fabriek in Sjina

Vier jaar van beplanning is vir die Suid-Afrikaans gebore eienaar van die Tesla motor maatskappy verby, en nou word ’n mega aanleg in Sjina opgerig.

Dit sal die grootste motor nark ter wêreld bedien, en Elon Musk reken dat die eerste voertuie van die aanleg sal kom teen die einde van hierdie jaar.

Dit sal die eerste Tesla motor fabriek buit Amerika wees, en sal na raming sowat $5 miljard kos voordat die eerste elektriese Tesla van die monteerband sal kom.

Die Tesla Model 3 sal glo eerste vervaardig word, en behoort nog meer in aanvraag te wees as enige ander model wat later as meer luukse voertuie gebou sal word.

Foto – Tesla Model 3