Talle skole beskadig oor vakansie

Die ongebreidelde vernietiging en vandalisering van skole duur voort in die land en kos die belastingbetaler miljoene Rand.

Tydens die Desember vakansie is minstens 27 skole in die Wes-Kaap deur diewe en vandale beskadig.

Koperpype, elektriese kabels en rekenaar toerusting is  die belangrikste van die goedere wat gesteel is.  Die skade word geskat op R600,000.  Die vandalisme gaan voort ten spyte van verskerpte sekuriteit by skole.

Baie skole in die res van die land het ook deurgeloop, en een nuut geboude skool wat aan die begin van vanjaar geopen is, het ook deurgeloop.