Taiwan tree op teen Sjinese spioene

Taiwan se polisie het minstens 6 persone, wat beskou kan word as Sjinese spioene, in hegtenis geneem weens beweerde verkoop van handels inligting aan Sjinese maatskappye.

Dit volg kort nadat die Sjinese president in bedekte terme gesê het Taiwan moet om vreedsame wyse oorgeneem word en ten volle deel van Sjina word.

Sjina kom toenemend onder druk vir sy bedenklike optrede om handels inligting te bekom van ander lande soos Kanada en Amerika.

Taiwan se gesaghebbendes het die afgelope naweek bekend gemaak dat hulle die ses mense in hegtenis geneem het waarby ingesluit is ’n voormalige senior werknemer van die Duitse reus, BASF, vir hulle klaarblyklike aandeel om geheime handels inligting aan Sjina te stuur.

Die Taiwan Criminal Investigation Bureau sê ingenieurs was betrokke by die komplot “om uiters belangrike tegnologiese en vervaardigings prosesse te verhandel vir eie gewin om onwettige wins te maak.

Na bewering het die ingenieurs $1,3 miljoen van sowat $6 miljoen in hulle sak gesteek vir inligting wat verkwansel is.