Suid-Amerika in verset teen Venezuela

Die Latyns-Amerikaanse state se regerings is besig om in verset te kom teen die omstrede president van Venezuela wat sy land ekonomies ten gronde bestuur.

Regeringshoofde het dringende versoeke tot president Nicolas Maduro gerig om uit te tree, en het gewaarsku dat hulle nie langer sy heerskappy sal erken nie weens die “onwettige” verkiesings wat gehou is.

Die “Lima Groep van Latyns Amerikaanse lande” het die president Maduro versoek om nie vir die tweede termyn ingehuldig te word nie aangesin sy verkiesings wyd beskou word as onwettig en dat ’n nuwe reeks verkiesings gehou moet word.

In ’n verklaring sê die Groep dat hulle tydens die mees onlangse byeenkoms besluit het om nie Maduro se sosialistiese regering tel erken as hulle nie nuwe, en wettige verkiesings gaan hou nie.

Maduro is van plan om sy inhuldiging op 10 Januarie te hou wat sal meebring dat Venezuela verder geïsoleer gaan word.

Foto – President Nicolas Maduro