Steenkool voorraad beter, beurtkrag kom

Evkom het aangekondig dat die steenkool voorraad oor die fees seisoen effens aangevul is tot ‘n 30 dae voorraad maar dat  kragonderbrekings volgende week weer kan plaasvind sodra die industrieë en besighede weer volstoom begin werk.

Die moontlikheid van beurtkrag sal ’n negatiewe uitwerking hè op die land se ekonomie en het reeds verskeie potensiële beleggers uit die buiteland afgeskrik.

Dit wil lyk asof die ANC se president nie die kern van die kragvoorsieners besef nie, wat meebring dat sy beste pogings om die land se ekonomiese gemors te herstel, ’n futiele oefening kan wees.