Stadige herstel vir 2019 ekonomie

’n Baie stadige herstel van die Suid-Afrikaanse ekonomie word voorsien deur die gesaghebbende Moody, in sy jongste halfjaar verslag.

Moody voorsien dat ’n groeikoers van hoogstens 1,3% behaal sal word in 2019 nadat die laaste helfte van 2018 gesukkel het om 0,5% groei te toon.

Moody se projeksie is redelik in lyn met die verwagtinge van die Wêreld Bank wat verlede week gesê het Suid-Afrika sal vanjaar een van die swakste presteerders wees in die Sub-Saharan Afrika gebied.

Die verwagte groei is aansienlik laer as wat die ANC se verwagting is van ’n groeikoers wat op 1,7% gestel is terwyl die Reserwe Bank ’n onrealistiese 1,9% groei voorsien.