Sosialiste van Europa paniekbevange

Die sosialiste in Europa raak toenemend paniekbevange om die komende verkiesing van lede vir die Europese Parlement aan te wys.

Met die reuse groei in nasionalisme wat regoor die kontinent ondervind is in die afgelope meer as vyf jaar, het die politieke opponente ’n rede om paniekerig te raak.

Die opkoms van nasionalisme is Spanje is een van die hoof redes waarom die huidige leiers van die EU verkies om weg te kom van onwettige immigrante en begin selfs strenger grensbeheer toepas in die hoop om kiesers te behou.

Die sterk teenwoordigheid van nasionalisme kom ook in Frankryk na vore nadat twee voormalige senior Republikeine laat deurskemer het dat hulle Marine Le Pen sal steun.

Nasionalistiese regerings soos Pole, Hongarye, Normandië, Oostenryk en Italië is ’n reuse faktor wat nasionalisme gaan versterk in die Europese Parlement, terwyl die steun van Marine Le Pen se party en die Alternatief vir Duitsland ’n groot bydra sal lewer om die Europese Parlement dalk volledig in beheer van die nasionaliste kan plaas.

Dit sal ’n reuse invloed uitoefen op die regerings van veral kanselier Angela Merkel van Duitsland, sowel as op president Emanuel Macron van Frankryk.

Foto – Europese Parlement