Somalië verjaag top VN beampte

Die regering van Somalië het in ’n amptelike verklaring gesê die hoof van die Verenigde Nasies in die land moet onverwyld sy goed pak en padgee.

Nicholas Haysom  is, volgens die verklaring, nie nodig en kan ook nie werk in Somalië nie, en word aangesê om die land te verlaat.

Die verklaring wat opgestel is deur die land se Minister van Buitelandse Sake kom te midde van erge onluste wat die land in vlamme laat opgaan.

Die gebeure volg nadat die diplomaat sy kommer uitgespreek het oor VN ondersteunings magte wat betrokke geraak het by die arrestasie van  Mukhtar Robow, ’n kandidaat vir die presidentsverkiesing.

Waarnemers sê die politieke toestand is so deurmekaar in die land dat vrede nie maklik bewerkstellig kan word nie, en die land ekonomies ten gronde gedruk word.

Foto – Nicholas Haysom