Sjinese groeikoers daal skerp

Terwyl die linkse media soos CNN vroeër te kenne wou gee dat president Donald Trump se handelsoorlog teen Sjina niks sal oplewer nie, is hulle nou dur die Sjinese verkeerd bewys.

Die handelsoorlog het tot gevolg dat Sjina tans die laagste groeikoers beleef sedert 1990, en die land sal dringende handels hervormings moet instel om nie in ’n totale ekonomiese krisis t beland nie.

Die is die waarneming deur ekonomiese deskundiges wat die huidige ekonomiese krisis in Sjina moniteer.

Sjina, wat die wêreld se tweede grootste ekonomie het, se groei vir 2018 was 6,6%, sê ’n woordvoerder van die Sjinese regering.

Die vermoede bestaan dat die ekonomie steeds verder sal verswak aangesien die laaste kwartaal van 2018 ’n koers van 6,4% gerealiseer is wat daarop dui dat die afplatting nog voortduur.

Ekonomiese waarnemers sê Sjina gaan nog aansienlike dalings in sy ekonomiese groei ondervind as hy nie ’n sterk ooreenkoms met die VSA kan sluit nie.