Sjinese bevolking skrikwekkend hoog

Projeksies wat tans in Sjina dur die regering gemaak is, toon dat die bevolking in 2029 kan styg tot ’n skrikwekkende 1,4 miljard mense.

Die projeksie toon ook dat die gedeelte van ouer mense gaan geleidelik styg terwyl ’n tyd sal aanbreek dat die totale bevolking se getalle sal daal.

Die bevolkingsaanwas gaan ’n noemenswaardige uitwerking toon op die verrykende implikasies op ekonomiese en maatskaplike gebied wat dit moeiliker sal maak om ’n beter leefstyl te verseker.

Die Sjinese Akademie vir Sosiale Wetenskap sê in sy jongste publikasie dat die populasie van werkende mense nou gestagneer het en ’n negatiewe uitwerking op die ekonomiese groei uitoefen.

Die bevolking se getalle sal teen 2050 begin daal na 1,3 miljard, wat meebring dat die aantal werkende mense se getalle met meer as 200 miljoen sal afneem.