Sjina vra vreedsame oorname van Taiwan

President Xi Jinping van Sjina het ’n beroep gedoen om die sogenaamde “Taiwan aangeleentheid” op te los deur ’n “vreedsame oorname”.

Hy sê ’n vredevolle oplossing is die bedoeling en Sjina sal nie geweld gebruik om die oorname te bewerkstellig nie.

Tydens sy toespraak in die Beijing Groot Muur van die Volk het die president, Xi Jinping, gepleit vir nuwe inisiatief om Taiwan weer deel van Sjina te maak sonder militêre optrede.

President Xi Jinping se benadering van “een land, twee stelsels”, sal glo die lewensgehalte van Taiwanse patriotte verseker en tot almal se voordeel wees.

Hy het ’n bedekte waarskuwing gerig toe hy gesê het dat algehele onafhanklikheid van Taiwan sal net chaos veroorsaak vir die mense van die land.

Hy het voortgegaan met sy dreigement deur te se breë voordele sal ingebou word vir Taiwan, maar daar sal geen ruimte wees vir enige moontlikheid van onafhanklikheid nie.

Foto – President Xi Jinping