Schweizer skool fiasko duur voort

Verskeie blanke ouers het besluit om hulle kinders uit die Laerskool Schweizer-Reneke te haal kort nadat ’n gegons op die sosiale netwerk begin is.

Die Wes-Transvaalse skool het in die kollig gekom toe een gekla het omdat haar kind nie tussen die blanke kinders sit nie, en afsonderlik saam met ander swartes in ’n klaskamer is.

Die opstokery by die skool is glo deur ’n EFF ondersteuner begin, en het later ontaard tot ’n betoging by die skool, wat blankes laat besluit het om pad te gee.

Vier swart leerlinge wat agter in ’n klaskamer moes sit by een tafel, het die “anti-rassisme” verder aangewakker en growwe uitsprake is teen die blankes gemaak.

Die rumoer oor die voorval het sodanig geword dat die kinders huis toe gestuur moes word om verdere blootstelling aan die radikalisme te vermy.

’n Blanke dame het aan Die Vryburger gesê dit is tyd dat ouers besef hulle speel met hulle kinders se toekoms deur voortgesette betrokkenheid in die openbare skole, en behoort eerder hulle kinders in CVO-skole te sit waar geen rasse spanning is nie.

Foto – Schweizer-Reneke Laerskool