Sameswering teen Zuma

Top ANC amptenare word genoem in ‘n beweerde sameswering wat Zuma in die verleentheid sou stel tydens die ANC se gala aand in Durban.

Die name van David Mabuza, Cyril Ramaphosa en Paul Mashatile word genoem as die samesweerders wat gepoog het om Zuma uit te sluit uit die funksie en om hom te vertraag om nie betyds by die geleentheid op te daag nie.

Dit het toe wel gebeur dat Zuma eers na die sing van die ANC lied in die saal aangekom het toe alle belanghebbendes reeds hul plekke ingeneem het.

Die program direkteur, Fikile Mbalula, het dan ook nie Zuma se teenwoordigheid aangekondig in sy rede nie.

Zuma het glo op navraag gesê dat hy gewag het dat Ramaphosa hom sou gaan oplaai om saam met hom na die gala te ry wat toe nie gebeur het nie.