SAL leen R3,5 miljard

SAL het ‘n verdere R3,5 miljard lening aangegaan om die “sinkende” entiteit tot einde Maart in die lug te hou.

‘n Verdere R15,2 miljard word glo verder benodig binne die volgende drie jaar. Daar is egter geen verwagting dat die lugdiens voor 2021 ‘n wins gaan toon nie met die gevolg dat die belastingbetaler nog drie jaar gaan opdok en geld in die bodemlose put gooi.

Ekonomiese deskundiges het hulle twyfel uitgespreek oor die moontlikheid of die bankrot redery ooit weer op eie bene sal staan terwyl swak bestuur en korrupsie voortduur.