SA sokker verloor bod

Die Afrika Sokker Beker byeenkoms van 2019 sal deur Egipte aangebied word.  Egipte het die bod gewen teen die enigste ander land nl. Suid-Afrika na Cameroon se onttrekking.

SAFA se Danny Jordaan was selfversekerd dat SA die bod sou wen maar hul steun aan die VSA/Meksiko/Kanada bod vir die 2026 Fifa wêreld beker aanbieding bo Marokko het hul klomp stemme gekos.

Suid-Afrika het slegs een stem gekry teenoor Egipte se 16 stemme, en word in die sportwêreld as ’n verpletterende nederlaag beskou.