SA sit sonder ’n president

Suid-Afrika sit sonder ’n president, en niemand weet wi is in beheer van die piesang republiek in wording nie.

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa sit en onderhandel in Mosambiek met die president aldaar oor aangeleenthede wat onbekend is aan die kiesers van die land.

Die Adjunk, David Mabuza, het die land verlaat en sit in Ethiopië en niemand weet wat hy in die niksbeduidende staat gaan doen nie.

Suid-Afrika het geen kennis gekry dat iemand waarneem as president nie, en dit maak van die land ’n piesang republiek want dit beteken dat niemand besluite kan neem nie.

Die presidensie sê Ramaphosa voer samesprekings met Filipe Nyusi, die president van Mosambiek, maar kon nie duidelik uitspel waaroor die samesprekings gaan nie.

Die beste wat die president se woordvoerder kon kwytraak, is om te vertel watter goeie verhouding bestaan tussen Suid-Afrika en Mosambiek sedert die dae van die terroristiese “struggle”.

Foto – Die president en sy adjunk