Roemenië nou EU presidensie

In die komend ses maand sal Roemenië die Europese Unie se presidensie waarneem te midde van die nasionalistiese regering se verdeeldheid oor die aangeleentheid.

Roemenië se nasionalistiese regering het die voetspoor van Pole en Hongarye gevolg wat die EU besuur verlede jaar gegrief het.

Die sterk hervormings wat die land ondergaan het, was een van die EU se onopgeloste probleme wat nou lei tot spanning met die ses maande termyn wat die land moet waarneem as presidensie.

Met die verswakking van die EU, en die uittrede van Brittanje voor die deur, word die dilemma vir Europa al groter, en kan die gevaar van ontbinding nie geïgnoreer word nie.

Die grootste uitdaging vir Roemenië kan na vore kom met die konflik situasie tussen Serwië en Kosovo, wat die nasionalistiese regering in onguns kan bring, ongeag watter beslissing gemaak word oor di twee lande en hulle toekoms in die EU.

Roemenië moet ook die leiding neem in die beslissings wat gemaak moet word oor Masedonië en Griekeland wat maar nie tot kalmte wil kom nie.

Foto –  Premier Viorica Dăncilă