Regter van Venezuela vlug na VSA

’n Voormalige hooggeregshof regter van Venezuela was verplig om die land uit te vlug weens die optrede van die diktator, president Maduro wat in omstredenheid gehul is.

Die rgter se vlug uit die land kom nadat die Latyns Amerikaanse state ’n gesamentlike verklaring uitgereik het waarin Maduro verwittig is dat die lande nie sy regering sal erken indien hy op 10 Januarie ingehuldig sou word nie.

Die regter sê die verkiesing wat verlede jaar in Mi gehou was, is beslis nie vry en regverdig gewees nie, en indien Maduro sou voortgaan om te regeer, sal dit ’n onwettige regering wees.

Regter Christian Zerpa het uitgewyk na Amerika uit vrees dat hy deur die president geïntimideer kan word weens sy skerp uitspraak teen die vorige verkiesing.

Intussen het ’n nuwe, jong en dinamiese politieke leier die leisels oorgeneem van die amptelike opposisie party, wat ook die meerderheid hou in die Nasionale Vergadering van die land.

Die 12 Latyns Amerikaanse state wat teen Maduro se regering gekant is, en gewaarsku het dat sy voortgesette regering nie erken sal word nie, is waarskynlik die hardste slag wat Venezuela toegedien kon word.