Ramaphosa lyk bang vir Natal

Die president van die reënboognasie het sy beplande besoek aan Pietermaritzburg afgestel weens sluimerende spanning binne party geledere.

Lede van Natal se uitvoerende raad meld dat daar ‘n gevaar bestaan dat spanning tussen ANC lede in die gebied kan versleg en in chaos ontaard.

Dit sal glo ’n ”verleentheid” wees vir die president van die land. Spanning tussen Zuma aanhangers en Ramaphosa ondersteuners is reeds geruime tyd sluimerend en het nou meer duidelik geword met die omstrede en bankrot ANC Jeugliga wat bekendgemaak het dat hulle voortaan hulle steun aan Jacob Zuma gee..