Ramaphosa gaan Zuma konfronteer

President Cyril Ramaphosa is opgestel om sy voorganger, Jacob Zuma, te konfronteer oor sy kommentaar in die openbare media rakende die beleid van die ANC.

Ramaphosa wat die ANC se verkiesings manifes van stapel gestuur het in Natal, is glo geadviseer om met Zuma in gesprek te tree oor verskeie sake en ook oor sy hofsake.

Die advies is aan die ANC president gegee in die lig van moontlike weerstand uit die Zuma kamp, wat duidelik nog ’n beduidende faktor in die provinsie is.

Die Ramaphosa ondersteuners is bekommerd dat hy ’n nederlaag in Durban op die lyf kan loop waar die Zuma element nog stewig is.

Geen datum vir die ontmoeting tussen die twee is bekend nie, en die moontlikheid dat Zuma so ’n gesprek kan gebruik om sy eie posisie t versterk, word algemeen deur waarnemers voorsien.

Zuma het op sosiale media en op ‘n video voorspraak gemaak dat grond in SA genasionaliseer moet word.

Foto – Jacob Zuma