Ramaphosa adviseurs dros

Cyril Ramaphosa se adviseurs wat hy onlangs aangestel het om die gemors van Eskom op te los met konstruktiewe advies, is stadig maar seker aan die dros.

Sy aangestelde span is aan die krimp met ’n tweede lid van die komitee wat besluit het om te bedank.

Die taakspan is bedoel om die ANC regering t adviseer oor wat gedoen moet word om die bankrot kragvoorsiener van algehele ondergang te red.

Sy Gourrah, die algemene bestuurder van Actom Power Systems het bevestig dat sy bedank uit die span aangesien sy nie kans sien vir die vrag werk wat wag nie.

Kenners sê die feit dat Eskom een van Actom Power Systems se grootste kliënte is, kan die hoofrede wees waarom sy verkies om pad te gee.

Vroeër het ’n voormalige hoof van Eskom kort na sy aanstelling in die taakspan, besluit om nie daarin voort te gaan nie, en sy bedanking ingehandig.

Dat laat die taakspan met slegs ses lede om die verslag op te stel en aan die regering voor te le vir oorweging.

Foto – Sy Gourrah