R5,8 miljoen projek sukkel om te begin

Die Nelson Mandela Baai se lokasies was geoormerk om op 1 November 2018 ‘n “skoonmaak” projek te ondergaan.

Die sogenaamde “clean & green” projek sou 200 tydelike werksgeleenthede geskep het. Aanvanklik het die openbare gesondheidshoof, Yolisa Pali, die projek in die wiele gery aangesien sy nie vertroud was met die projek nie. Dus is die projek uitgestel na 1 Desember en weereens kon dit nie begin nie weens ‘n tekort aan werkers en is die aandag verskuif na die opruim van strande.

Vrae word gevra oor die honderde werklose persone in die omgewing en natuurlik hoekom die buurte so vuil is.