President Macron verloor sleutel persoon

Die Franse president, Emmanuel Macron, het nog een van su sleutel persone verloor toe die kommunikasiehoof, Sylvain Fort, aangekondig het dat hy nie langer in die Macron administrasie sal dien nie.

Direkteur Fort is die jongste in ’n ry van seniors en ministers wat die Macron-administrasie verlaat weens hul ontevredenheid met die president se optrede.

In die nuwe jaar, kry Emmanuel Macron dan ’n nuwe bedanking met die uittrede van die Direkteur van Kommunikasie en sal die Macron-administrasie verlaat aan die einde van Januarie.

Die Franse blad, Le Parisien, was die eerste om bekend te maak dat die direkteur gaan bedank, en ’n dag later het Sylvain Fort gesê hy het Macron van sy bedanking in kennis gestel.

Foto – Direkteur Sylvain Fort