President Bolsonaro kap Omgewings agentskap

President Jair Bolsonaro het op die sosiale netwerk gesê die land se Omgewings Agentskap het die belastingbetalers finansieel benadeel.

In reaksie daarop het die woordvoerder die president beskuldig dat hy onware beskuldigings maak oor die Agentskap se begroting.

Die verskil in siening het die president nie afgeskrik nie, en met feitelike gegewens die hoof van die Agentskap gekonfronteer.

Dit het gelei tot die bedanking van die hoof,  Suely Araujo, nadat President Bolsonaro weer op die sosiale netwerk gegewens geplaas het wat deur die nuwe Minister van Omgewingsake verstrek is oor die spandeer van $7,7 miljoen vir die huur van patrollie voertuie.

Die president het bygevoeg dat dit die bewys is van roekelose spandabelrigheid ten koste van belastingbetalers.

Foto – president Jair Bolsonaro