President Bolsonaro getoets deur betogers

Die Spesiale ontplooiing van Brasilië se prestige Polisiemag het begin met patrolliewerk in die deelstaat Ceara om die beoogde gewelddadige optog van linksgesindes te beheer.

Die gewelddadigheid is ’n toets vir die nuut verkose, nasionalistiese president, Jair Bolsonaro, wat op 1 Januarie ingehuldig is.

Die troepe van die Nasionale Polisiemag is blitsvinnig ontplooi met ’n opdrag om die geweld te stop en die kriminele elemente in hegtenis te neem.

Kriminele optrede van die linksgesindes het verskeie busse en winkels aan die brand gesteek, en die president het gesê sulke optrede sal nie geduld word nie.

Sowat 300 lede van die troepemag het in die deelstaat aangekom om in verskeie stede saam met die plaaslike polisie op te tree.

Die betogings is klaarblyklik gehou om hul teenkanting te illustreer teen die inhuldiging van die nuwe president van die land wat ’n sterk nasionalistiese benadering wil volg in sy ampstermyn.

Waarnemers sê die linkse betogers bestaan hoofsaaklik uit anderskleuriges wat ook ontevrede is omdat die president nie veel bekommerd is oor hulle welstand nie.