Polisie deursoek konsulate in Australië

Australiese polisie wat deur ambulanse ondersteun is, was oral te sien by verskillende lande se konsulate en ambassades in Canberra en  Melbourne.

Dit wil lyk asof die persele en geboue van Duitsland, Amerika Indië en verskeie ander ter sprake gekom het en beveilig moes word.

Die Federale Polisie ondersoek ’n hele aantal verdagte pakkies wat na die konsulate en ambassades versend is.

Talle ander lande se geboue is deur die polisie deursoek, waarvan Suid-Korea, Spanje en Italië ook bedreig kan wees.

Pakkies wat eenders lyk is by die verskillende konsulate afgelewer, en die polisie is oortuig dat dit moontlik plofstof kan bevat.