Opspraakwekkende deurbraak in landbou

’n Deurbraak op die gebied van landbou wat pas gemaal is in Amerika met gewas tegnologie word beskou as die mees geslaagde deurbraak ooit.

Die tegnologiese vordering is in die fotosintese van plante te make.

Die wetenskaplike ontwikkeling toon dat gewasse tot soveel as 40% meer in opbrengs lewer, wat beteken dat voedsel sekerheid verder versterk sal word as die opvolg toetse dieselfde resultate toon.

Voorlopig is die nuwe tegniek slegs op tabak plante toegepas weens veiligheidsredes, maar heelwat verdere toetse moet nog gedoen word.

Eerste toetse met soja en bone het soortgelyke resultate gelewer wat ’n revolusie teweegbring in voedsel produksie.

Toetse word gedoen met rys, aartappels, tematies terwyl beplanning gedoen word om die tegniek toe te pas op alle ander groente en vrugte soorte.

Een van die tegniek se elemente is om CO2 om te sit in suiker, maar die wetenskaplikes wil nog nie te veel besonderhede vrystel nie.