Operasie see skoonmaak kry terugslag

’n Groot terugslag het Boyan Slat se operasie see skoonmaak van plastiek goedere getref toe sy ontwerp die gees gegee het en hy moes erken dat sy poging misluk.

Die reuse operasie is bedoel om met die 600 meter lange pypleiding alle plastiek op te vang en na ’n skip te laat “vloei” wat in die seegebied mag wees.

Alhoewel die projek etlike jare sal neem om die wêreld se seewater te bevry van plastiek besoedeling, word die huidige terugslag nie as finale beeïndiging van die projek gesien nie.

Die ontwerpers van die reuse toestel sê hulle sal binne enkele maande gereed wees met ’n nuwe konsep wat in werking gestel sal word om die plastiek op te vang.

Die plastiek-vanger is in Oktober vir die eerste keer op die proef gestel onder wye belangstelling, maar na maande se gesukkel, is die eerste poging aan die eind van Desember gestaak om ontwerp aanpassings op die toestel aan te bring.

Die plastiek-vanger wat in San Francisco ontwikkel is het die ganse wêreld gaande gehad, maar die eerste poging het nie geslaagd nadat die 18 meter lange pyp losgeraak het van die res van die toestel. En word nuwe ontwerpe bedink om die probleem te ondervang.