Oostenryk belas rykes soos Apple

Kort nadat Frankryk besluit het om belastings in te stel teen ryk tegnologies gedrewe instansies van die buiteland, het Oostenryk ’n soortgelyke besluit geneem

Die heffings teen welvarende instansies soos Google, Apple, Amazon en Facebook volg nadat die Europese Unie in gebreke gebly het om ’n belasting heffing in te stel.

Die Oostenrykse kanselier, Sebastian Kurz, het die naweek aangekondig dat die regering teen tegnologies gedrewe maatskappye gaan optree en belastings teen hulle instel wat vanaf Januarie 2019 van krag word.

Vroeër het Ierland begin om belastings te hef teen die maatskappye en gesê dit is onbillik dat sulke instansies belastingvry hulle rykdom kan vergroot.