Onderwys departement sluit kantoor

Na die Gautengse Departement van Onderwys sy beuel geblaas het oor die “goeie” matriek uitslae, het gebeure daarna die wenkbroue laat lig.

Die moontlikheid is glo geopper dat Panyaza Lesufi “bevorder” gaan word na die parlement.

Slegs enkele dae later moes die Departement se Pretoria Suid kantore skielik gesluit word uit vrees vir ouers wat personeel dreig.

Die personeel word glo gedreig oor die omstrede plasing van hul kinders wat nog nie plaasgevind het nie.

Die 24,000 leerlinge se laat inskrywings gaan egter binne die volgende “paar dae” aandag kry om plasings te doen, aldus Lesufi.

Die vermoede bestaan dat die leerlinge in groot getalle by bestaande “Model-C” skole ingedwing gaan word, met opdrag dat Engels as voertaal vir die kinders beskikbaar moet wees.