Nuwe skool geopen – “moet nie verniel nie”

Die berugte LUK van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het ‘n beroep gedoen op inwoners van die Oos-Rand om nie die nuwe Menzi Primêre Skool te beskadig nie.

Die nuwe skool het meer as R105 miljoen gekos en nou word die kinders gevra om nie die skoolgebou en sy inhoud te verniel nie.

Daar is ook ‘n beroep gedoen op leerders om onderwysers te respekteer en die skool skoon en netjies te hou.

Waarnemers wys daarop dat baie van die leerlinge nou verward kan wees aangesien hulle vroeër geleer is om skole af te brand as hulle ontevrede is met die onderwysers.

Foto – Panyaza Lesufi