Nuusflitse

Arabiere en ANC

Berig is ontvang dat Saudi Arabië ‘n olie raffinadery en petrochemiese aanleg in Suid Afrika gaan bou as deel van ‘n  R138 miljard belegging in die land. Beleggings in Denel is glo ook op die boeke van die Golf staat.

Verkiesing beloftes

Die DA staan nie terug vir die ANC wanneer dit kom by beloftes nie. Mmusi Maimane het  in Oudtshoorn tydens verkiesings registrasie die mense beloof dat sou hul registreer sal daar werk wees.  Volgens hom sal die DA sorg dat elke huishouding ten minste een werkende persoon het .

Vennote waarsku ANC teen marginalisasie

Die SAKP, Cosatu en die SA National Civic Organization het die ANC gewaarsku dat indien die lys van kandidate nie verteenwoordigend is van die drie organisasies nie,  die ANC probleme gaan ondervind.   Hulle het die ANC se uitvoerende komitee versoek om toe te sien dat  name van die drie organisasies se kandidate opgeskuif moet word op die lys om te verseker dat hul ook poste kan beklee.