Nuusflitse

Ses ontsnap – twee gevang

Die polisie het daarin geslaag om twee van die ses verhoor afwagtende misdadigers weer te arresteer nadat hulle uit hul tronksel in Hartbeespoort ontsnap het. Hul is aangehou vir onder andere moord, roof en besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie.

Veldbrand by Koeberg

Nog ‘n Wes-Kaapse veld brand woed, hierdie keer op ‘n plaas net langs die Koeberg kragstasie. Dit volg terwyl brandbestryders steeds sukkel om brande in die Koggelbaai area onder beheer te bring.  Die indruk word geskep dat die brande veroorsaak word deur radikale mense wat blankes van hulle grond wil verdryf.

Transformasie en kwotas sal bly

Beauty Dlulane, die voorsitter van die portefeulje komitee vir sport en rekreasie het gesê dat transformasie in sport regerings beleid is en sal bly so lank as wat dit nodig is.  Dit volg na uitlatings deur die rugby kaptein Siya Kolisi dat hy nie die kwota stelsel ondersteun nie.