Nuusflitse

Kokaïen in PE

Die Valke het beslag gelê op kokaïen ter waarde van R720 miljoen.  Die dwelms is gevind in ‘n  skeepvrag houer op  ‘n skip in die Port Elisabeth hawe nadat ‘n wenk ontvang is rondom die skip en sy inhoud.

Unisa swig (weer)

Die bestuur van Unisa is besig met samesprekings met opswepende studente rondom eise wat insluit die voorsiening van  sakrekenaars, kos-kaarte, handboeke en toelating van alle aansoekers sonder enige wegwysing.  Dit volg nadat Zuma se FreeEducation vir almal gepropageer is.

ANC lede gedreig

Ace Magashule het ondersteuners wat Saterdag die ANC se verjaarsdag vieringe gaan bywoon gewaarsku om hul te gedra as hul president sy toespraak lewer.  Hy het volgelinge versoek om te bly stem vir die ANC aangesien “hulle niks verkeerd gedoen het nie.”