Nuusflitse

Ons sal diens lewer – miskien later.

Ramaphosa is op sy Natal toer om kiesers te lok en in Margate het hy aan lede gesê dat die ANC diens sal lewer, “maar dit sal dalk tyd neem”.

Bejaarde egpaar vermoor

‘n Bejaarde egpaar van 82 jaar oud is vermoor in hul huis in Landsdowne, en niemand is tot hede in hegtenis geneem nie.

MK lede bestorm ANC hoofkantoor

Op die vooraand van die ANC se verjaarsdag vierings het lede van Umkhonto weSizwe die provinsiale kantore van die ANC in Durban bestorm. Geen rede vir die besetting van die kantore is gegee nie.