Nuusflitse

Brand vernietig motor handelaarskap

‘n Brand by Mc Gee’s Auto in Voortrekkerstraat,  Goodwood het minstens 17 voertuie vernietig. Die kantoor perseel is ook in die brand vernietig en skade word op R3,5 miljoen bereken.

Overstrand brand eis lewe

‘n Brand wat na bewering deur vuurwerke veroorsaak is het die lewe van een persoon gekos terwyl twee persone beseer is in die brande.  ‘n Brand het in die berge naby Pringle Baai uitgebreek op Oujaarsaand en SAP het Donderdag ‘n verdagte gearresteer in verband  met die brand.

Vure by Bettiesbaai brei uit

Die brande in die Bettiesbaai omgewing het oorgespoel na die Koggelsbaai gebied en die ruwe terrein en sterk suidoostelike winde bemoeilik brand bestryders se werk.