Noord-Transvaal het Bek-en-klouseer

Die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery het erken dat voorvalle van Bek-en-klouseer ondersoek word wat klaarblyklik in die omgewing van Vhembe gevind is.

Vhembe is ’n deel van die provinsie wat hoofsaaklik deur swartmens bewoon word, en die Departement het glo positiewe toetse ontvang van laboratoriums.

Die Vhembe gebied val blykbaar net buite die Bek-en-Klouseer beheerde deel van die provinsie en die Departement het aangekondig dat beheermaatreëls ingestel word om te voorkom dat die siekte verder uitbrei na ander dele van die provinsie.

Die bevinding is aan die Verenigde Nasies se afdeling vir Diere Gesondheid deurgestuur, met die gevolg dat Suid-Afrika tydelik geskors word van die lys van Bek-en-Klouseer vrye lande.

Die siekte kom voor by ondermeer beeste, skape, bokke, varke, en buffels is ook groot verspreiders van die siekte.