Nasionalisme groei in Pole

Te midde van die geweldige druk wat die nasionalistiese regering ondervind uit die liberale kamp van die Europese Unie, en ook die amptelike opposisieparty, groei die steun vir die regering.

Die regerende “Wet en Geregtigheid” het ’n verdere hupstoot gekry en het nou die steun van meer as 39% van die kiesers.

Die grootste opposisie party sukkel met sy 26% steun om geloofwaardigheid by die kiesers te vestig, en sy liberale vennoot se steun is slegs 4%.

In die meningsopname wat vroeg in Januarie gemaak is, word bevind dat die Poolse Volksparty steun afgestaan het aan die regerende party en nou slegs 5% steun geniet.

Politieke ontleders sê die Poolse regering slaag daarin om die volk se belange tte dien en dit eerste te stel, wat meebring dat ’n groeter eendragtigheid verkry word.

Foto – Poolse vlag