’n Nuwe land

Baie gedagtes is die afgelope kwart eeu deur Boere Afrikaners geopper oor waar en hoe die volk weer in vryheid kan leef as ’n onafhanklike nasie.

Verskeie volke van die wêreld sit met dieselfde probleem, en in lande soos Spanje is daar hewige stryd wat deur die Kataloniese separatiste gevoer word maar deur die Spaanse regering gekniehalter word.

Die Boere Afrikaner is dus nie die enigste volk wat hunker na selfbeskikking in ’n soewereine onafhanklike staat nie.

Die verskille wat bestaan oor hoe so ’n staat bekom en in stand gehou kan word, is verrykend vir diegene wat denkend oor vryheid, die stryd bly voer.

Met di vreemde owerheid oor ons volk, sal vrede en harmonie nie maklik bereik kan word solank moord en doodslag aan die orde is nie, en terwyl die land se infrastruktuur aan die kwyn is, word die vaderland ’n al vreemder plek waarin ons na vryheid kan streef.

Die uiteenlopende gedagtes behoort saamgevat te word, en ’n volks-beraad sal geleentheid bied om groter perspektief te plaas op die groot verskeidenheid van moontlikhede.

Die uiteenlopendheid wat wissel van ’n stadstaat tot ’n land in die westelike deel van Suid-Afrika, en ander sê die klein bevolking van Botswana of Namibië kan met ’n uittog daarheen oorgeneem word.

Ander glo die uitnodiging om ’n federale staat in die VSA te vestig vir ons volk, of ’n soortgelyke moontlikheid in Australië, is die antwoord.

Watter model gekies sou kon word, ’n werklikheid gemaak sou word, sal nie sonder ernstige probleme wees nie.

Die tyd is miskien ryp dat Boere-Afrikaners met diepe erns sal besin oor hul toekoms, en die toekoms van ’n jong geslag wat die ware vryheid van ’n volk nog nooit beleef het nie.

Ware vryheid bestaan slegs wanneer ’n volk sy eie begrensde grondgebied het, waar hy deur sy eie verkose volksgenote regeer word, en waar die Christelike Lewens-en Wêreldbeskouing van hierdie geknelde volk weer tot sy reg kan kom.