Munisipaliteit wil  R10 miljoen leen

Die ANC beheerde Stadsraad van Matzikama(Vredendal en omgewing)  gaan goedkeuring vra op ‘n Raadsvergadering  vir die neem  van ‘n eksterne lening  by Standard Bank van R10 miljoen.

Die lening is ter gedeeltelike finansiëring van sy 2018/19 kapitaalbegroting. Geen verdere inligting is bekend rondom die termyn, terugbetalings bedrag, rente asook hoe die fondse gegenereer gaan word om die bykans R100,000 per maand  betaling te diens nie.

Munisipaliteite en regerings instellings is vroeër gewaarsku om nie lenings aan te gaan om ander skulde te delg of kapitaal projekte aan te pak wat nie terug betaal kan word nie.