Minder onwettige immigrante na Europa

Nasionalistiese regerings en opposisiepartye het soveel steun gekry vanweë die toestroming van onwettige immigrante na Europa, dat daar ’n 2018 ’n skerp daling aangeteken is.

Regerings soos die wankelende koalisie van kanselier Angela Merkel in Duitsland, en die ongewilde regering van sie sosialistiese Franse president, Emmanuel Macron, het gesteier onder druk van opposisiepartye, en moes maatreëls instel om die toestroming te keer.

In 2018 het die instroming na Europa gedaal tot 150,000 teenoor meer as een miljoen die vorige jaar.

Met die nasionalistiese regering van Italië wat weier om onwettige immigrante toe te laat, en Griekeland wat ook strenger optree, het onwettige immigrante uit Afrika hulle nou tot Spanje gewend.

Die Spaanse kiesers is besig om in opstand te kom teen die beleid van die sosialistiese minderheidsregering wat die immigrate toelaat om Spanje te oorspoel.

Linkse regerings is ook versigtig om nie te veel prominensie te gee aan onwettige immigrante nie, uit vrees vir die gevolge wanneer die lande na die stembus gaan vir die verkiesing van die Europese Parlement.